Elkeen het ân heelal in hul mond. Keuses wat jou wentelbaan van uur tot uur bepaal.Willemien is keelvol vir dik wees. En bang wees vir kaas en vir inkopies doen. Hoe kan mens so verwyderd van jouself wees dat jy van buite liederlik obees is, maar in jou kop sing jy vry en kaal op ân krans? Sy wonder waar kom die rondomskrik van haar lyf vandaan terwyl sy en haar sus in die vretende hitte van die Richtersveld ân kluis in ân winkeltrollie sleep. Willemien is vasbeslote om dit oor ân afgrond te boender.Voor hul eindbestemming het die langpad se strepe Willemien soos ân ritssluiter oopgetrek. Dit smaak haar daar is ân heelal op haar tong. Vir eens moes sy haar sprokieskarakter opgee om haar ware self te wees én te wys. Sy het dekades laas haar lyf bewoon. Haar suster moes hoor van die verlede. Van hul aardige ouers wat banger was vir oorgewig as ân grondeis. ân Ma watpaniekaanvalle oor suiwel en selluliet gekry het en ân pa wat geen imperfeksie by sy vrou of dogters geduld het nie. Kilogram vir kilogram wou Willemien bieg en haarself dun praat. Die tong het immers mag oor lewe en dood.Dié is ook die storie van Pa. Húlle pa. ân Lagslimme Afrikaanse Al Capone, wie se innoverende sakeondernemings hom soms gedwing het om sy kantoor van agter tralies te bedryf. In Palm Springs dra Pa se lyfwagte koeldrank vir die fbi-agente aan vanwaar hulle die dollarboer en sy trigger-happy brigade dophou.Van Kaapstad na San Francisco en ân dwelmdieet in Sri Lanka â met ontvoerings, partytjies, ân seksles in Hongkong se hawe en ân onvermydelike ontmoeting met ân onbekende man â tref Anoeschka von Meck se nuutste roman jou soos ân reusegolf en spoel sy die verhoudings oop wat van ons soekende, spirituele wesens maak.
Price history
▲6.38%
Jan 26, 2022
€16.84
▼-0.54%
Jan 24, 2022
€15.83
▼-0.06%
Jan 18, 2022
€15.92
▲0.55%
Jan 17, 2022
€15.93
▼-0.06%
Jan 11, 2022
€15.84
▼-0.06%
Jan 10, 2022
€15.85
▲0.43%
Jan 4, 2022
€15.86
▲0.61%
Dec 28, 2021
€15.79
▼-0.55%
Dec 21, 2021
€15.70
▼-0.06%
Dec 14, 2021
€15.78